Hoe Dit Werk
So eenvoudig soos 1, 2, 3.
01
Bespreek
Vertel ons waar en wanneer jou funksie plaasvind en ongeveer hoeveel blomdekor daar sal wees.
Versoek 'n Kwotasie02
Geniet jou geleentheid
Jy hoef nie oor die blomme ná die tyd bekommerd te wees nie.
03
Ons ruim op
Op die afgespreekte tyd arriveer Blom Drom en verwyder die blomafval en oorblywende blomdekor.
Jy vier. Ons ruim.
Ons Dienste
Ons Dienste
Troues
- Tafelruikers
- Seremonieblomme
- Blomblare
- Ruikers
- Los blomme
- Blomafval
- Groot blominstallasies waar vooraf gereël
Partytjies & Privaat Funksies
- Verjaarsdae
- Verlowings
- Baby showers
- Bridal showers
- Verjaarsdagetes
- Familiegeleenthede
Korporatiewe Geleenthede
- Produkbekendstellings
- Gala-aande
- Maatskappyfunksies
- Konferensies
- Besigheidsgeleenthede

Volhoubaarheid
Gee blomme 'n tweede kans.
Nie elke blom hoef ná 'n funksie in die drom te beland nie. Waar prakties en vooraf gereël, kan oorblywende blomme gesorteer word vir moontlike:
- Skenking
- Hergebruik
- Kompostering
- Kreatiewe herbestemming
Herbestemming en skenking hang af van die toestand van die blomme, ligging en vooraf reëlings.
